RPO Nuusvrystelling – Bek-en-Klouseer Situasie

NUUSVRYSTELLING

BEK-EN-KLOUSEER SITUASIE

(vir onmiddellike vrystelling)

Die bek-en-klouseer uitbreking kom in ‘n tydperk waar die bedryf onder ’n landswye droogte gebuk gaan.  Voer- en mieliepryse het die hoogte ingeskiet en die koopkrag van die verbruiker is onder druk.  Dit is te midde van ‘n kuddeboufase ná die droogte van 2016.  Al dié faktore plaas baie druk op die kontantvloei en finansiële oorlewing van produsente.  Alles verteenwoordig ‘n uitdaging vir die missie van die RPO wat daarop geskoei is om vir die produsent ‘n mededingende en volhoubare rooivleisbedryf te fasiliteer.

Daar is die afgelope jaar (Januarie tot Desember 2018) 29 180 ton beesvleis uitgevoer, wat 4.02% van die plaaslike produksie is. Die markwaarde van die uitvoere beloop R1 790 918 024-73.  Gedurende dieselfde tydperk is 701.2 ton skaapvleis met ‘n markwaarde van R43 164 652-36 uitgevoer, wat 0.69% van die plaaslike produksie is.  Altesaam 16 474 815 skaapvelle ter waarde van R594 182 260-36 en 8 552 648 kg huide ter waarde van R102 445 668 is uitgevoer.

Lees volledige Nuusvrystelling hier…

Facebook
Twitter
LinkedIn
Pinterest